Home > Terms > Afrikaans (AF) > Hipotese

Hipotese

1. Stelling wat, hoewel dit nog nie as waarheid bewys is nie, aangebied word as grondslag vir redenering of argumentering, of as premis waaruit 'n gevolgtrekking gemaak moet word; veronderstelling.

2. Veronderstelling of voorwaarde wat die antesedent of protase van 'n subjunktiewe of voorwaardelike stelling vorm: Eenledige hipotese, waarin iets meegedeel word wat vaag, onwerklik, swewend is en wat deur 'n hoof of 'n bysin gepresiseer kan word, bv. "Ek sou hom graag besoek" gepresiseer kan word bv. deur "maar die weer hinder my" of "as hy my nooi.". Logiese hipotese, tipe eenledige hipotese, waarin iets oor die verlede as hoogs waarskynlik meegedeel word, hoewel dit nog nie as 'n feit bewys is nie, bv. "Hy moes dit aan my vertel het, maar het nie." Tweeledige hipotese, waarin die veronderstelling wat in die apodose 'n voorwaardelike sin, bv. "Ek sou dit doen, as ek jy was" vervat is, op 'n veronderstelling in die protase berus. Veronderstelling, aanname, vermoede of voorwaarde wat as 'n tentatiewe stelling gebruik word om iets anders te bewys; veral in die wiskundige wetenskappe, voorlopige veronderstelling waaruit gevolgtrekkings gemaak moet word wat met die bekende feite in ooreenstemming sal wees, en wat dien as uitgangspunt vir verdere waarneming en ondersoek waardeur die veronderstelling as waar of as onwaar bewys moet word en op dié wyse 'n ware teorie tot stand kan kom; teorie wat nie bewys is nie, maar as waar aangeneem word, omdat die afleiding(s) daaruit met die feite ooreenstem.

0
Toevoegen aan mijn woordenlijst

Wat wilt u zeggen?

Je moet inloggen om aan discussies te kunnen deelnemen.

Terms in the News

Featured Terms

Karin
  • 0

    Terms

  • 0

    Woordenlijsten

  • 4

    Followers

Industrie/Domein: Computer Category:

netboek

'n tipe draagbare komputer wat spesifiek ontwerp is vir draadlose kommunikasie en toegang tot die internet.

Donateur

Featured blossaries

Photograpy Framing

Categorie: Arts   1 55 Terms

Terminologie et Mondialisation

Categorie: Education   1 3 Terms

Browers Terms By Category