upload
Womenshealth.gov
Industry: Government; Health care
Number of terms: 15438
Number of blossaries: 0
Company Profile:
Womenshealth.gov is a service of the Office on Women’s Health (OWH) in the U.S. Department of Health and Human Services. Its mission is to provide leadership to promote health equity for women and girls through sex/gender-specific approaches. The strategy OWH uses to achieve its mission and vision ...
'n Abnormale massa van weefsel wat voorkom wanneer selle meer as normaalweg verdeel of nie doodgaan wanneer hulle moet nie. Gewasse kan kwaadaardig of nie-kwaadaardig wees. Nie-kwaadaardige gewasse is nie kanker nie. Kwaadaardige gewasse is kanker.
Industry:Health care
'n Analgetikum is medikasie wat pyn verlig. 'n Vrou kan gedurende die kraamproses pynverligtende medikasie binneaars (deur 'n buis wat binne 'n aar geplaas word) ontvang.
Industry:Health care
'n Analgetikum is medikasie wat pyn verlig. Pynverligtende medikasie kan aan 'n vrou gedurende die kraamproses toegedien word deur 'n naald wat in 'n spier (intramuskulêr) of onder die vel (subkutaan) geplaas word.
Industry:Health care
'n Angsversteuring waar 'n persoon deur angs en oormatige selfbewussyn in alledaagse sosiale situasies oorweldig word. Fobie is deel van angsversteurings en kom gewoonlik voor as ‘n aanhoudende vrees vir ‘n objek of situasie, wat die persoon wat daaraan ly tot uiterstes toe sal gaan om te vermy. Die vrees is gewoonlik ook “onrealisties” en word so deur die persoon wat die vrees ervaar, gesien. As die persoon nie daarin slaag om die situasie of objek (bv. ‘n spinnekop of vergadering) te vermy nie, veroorsaak dit intense ongemak of angs en sukkel die persoon om sy/haar huidige aktiwiteit te voltooi. Dit kan tot slegs een tipe situasie beperk word soos 'n vrees om by formele en informele geleenthede te praat, of om voor ander te eet en drink. In sy ergste vorm vertoon die persoon simptome byne elke keer wat hy/sy in die teenwoordigheid van ander mense is. Staan ook bekend as sosiale angsversteuring.
Industry:Health care
'n Angsversteuring waar 'n persoon aan 'n ongewone hoeveelheid van vrees vir 'n spesifieke aktiwiteit of situasie ly.
Industry:Health care
'n Angsversteuring waar 'n persoon aan skielike aanvalle van vrees en paniek ly. Die aanvalle kan sonder 'n bekende rede plaasvind, maar dit word baie keer deur gebeure of denke wat vrees in die persoon voortbring, aangevuur soos om in 'n hyser te klim of te bestuur, Simptome van die aanvalle sluit vinnige hartklop, prikkels op die borskas, asemnood, duiseligheid, tinteling en angsgevoelens in.
Industry:Health care
'n Beskadigde vel-area wat veroorsaak word deur in een posisie vir 'n lang tydperk te bly. Staan ook bekend as bedsere.
Industry:Health care
'n Element (soos kalsium, yster, sodium of kalium) wat van voedsel verkry word en noodsaaklik vir goeie liggaamsfunksionering is.
Industry:Health care
'n Eksterne, nie-invallende toets wat die elektriese aktiwiteit van die hart opneem.
Industry:Health care
'n Immuunreaksie deur die liggaam teen een van sys eie weefsels, selle of molekules.
Industry:Health care