upload
Womenshealth.gov
Industry: Government; Health care
Number of terms: 15438
Number of blossaries: 0
Company Profile:
Womenshealth.gov is a service of the Office on Women’s Health (OWH) in the U.S. Department of Health and Human Services. Its mission is to provide leadership to promote health equity for women and girls through sex/gender-specific approaches. The strategy OWH uses to achieve its mission and vision ...
'n Komplekse stelsel in die liggaam wat moontlike skadelike stowwe herken en daarop reageer, soos infeksies ten einde die liggaam te beskerm.
Industry:Health care
'n Toestand veroorsaak deur skade in die longe se lugweë. Hierdie skade weerhou die liggaam daarvan om genoegsame suurstof te kry. Simptome sluit moeilike asemhaling, hoes en oefenprobleme vir langer as kortstondige tydperke. Emfiseem word normaalweg deur rook veroorsaak.
Industry:Health care
'n Toestand waarin 'n baba gevorm word met drie kopieë in plaas van die normale twee kopieë van die 18-kromosoom. Kinders met hierdie toestand het veelvoudige misvorms en geestesafwyking weens die ekstra 18-kromosoom. Sommige van die probleme sluit 'n lae geboortegewig, klein kop, klein kakebeen, misvormde hart en niere, gebalde vuiste met abnormale vingerplasing en misvormde voete. Die geestesafwyking is ernstig. Vyf-en-negentig persent van kinders met hierdie toestand sterf voor hul eerste verjaarsdag.
Industry:Health care
'n Toestand waar 'n paartjie probleme ondervind om kinders te baar of om swanger te word ná 1 jaar van gereelde sekuele omgang sonder om enige geboortebeperkingsmiddels te gebruik nie. Indien 'n vrou aanhoudende miskrame kry, word dit ook as onvrugbaarheid bestempel. Onvrugbaarheid kan as gevolg van probleme met die man of die vrou, of beide, veroorsaak word.
Industry:Health care
'n Toestand waarin abnormale borsselle in óf die borslobules (atipiese lobulêre hiperplasia) óf die buustevate (atipiese duktale hiperplasia) gevind word. Atipiese hiperplasia is nie kanker nie. Dit verhoog egter die risiko om borskanker te ontwikkel.
Industry:Health care
'n Toestand waar abnormale selle in die borslobules gevind word. Omdat hierdie selle nie buite die borslobules versprei het nie, word dit "in situ" genoem, wat "in plek" beteken. Met LCIS is daar meer abnormale selle in die lobule as in atipiese hiperplasie. LCIS is nie kanker nie, maar verhoog die risiko om dit te ontwikkel.
Industry:Health care
'n Toestand waar abnormale selle in die wande van borsbuise gevind word. Hierdie selle het nie buite die buis na die omliggende borsweefsel versprei nie. DCIS is nie kanker nie. Sommige gevalle van DCIS ontwikkel egter mettertyd in borskanker; daarom is dit belangrik om behandeling vir DCIS te kry.
Industry:Health care
'n Toestand gekenmerk deur uitermatige bekommernis en gevoelens van vrees en ongemaklikheid wat vir ses maande of langer voortduur. Ander simptome sluit rusteloosheid, moegheid of prikkelbaarheid, spierspasme, onvermoë om te konsentreer of goed te slaap, kort van asem, vinnige hartklop, sweet en duiseligheid.
Industry:Health care
'n Toestand wat meerendeels in borsvoedende vroue voorkom; dit veroorsaak 'n harde kol op die bors wat seer of ongemaklik kan wees. Dit is veroorsaak deur infeksie van bakterieë wat die bors binnegaan deur 'n breuk of kraak in die vel op die tepel of deur 'n gestopte melkbuis.
Industry:Health care
'n Diagnostiese prosedure waarin 'n buigbare buis met 'n ligbron binne die kolon geplaas word (groot ingewande of grootderm) deur die anus om alle seksies van die kolon vir abnormaliteite te besigtig.
Industry:Health care